SANParks Skukuza Rest Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Skukuza Ruskamp in die wêreldbekende Krugerwildtuin is aan die suidelike oewer van die Sabierivier geleë en is die park se grootste ruskamp en administratiewe hoofkantoor. Die kamp is lowerryk en daar is groot bome aan die rivieroewer. Daar is verskeie doendinge en besienswaardighede, diere en plante in die kamp en die omgewing.

Dié ruskamp het 'n bank, poskantoor, motorverhurings, 'n deli, winkel, restaurant, gemeenskaplike wassery, vulstasie, motorwerktuigkundige, gemeenskaplike kombuise en ablusiegeriewe, braaigeriewe, 2 swembaddens vir oornaggaste, 'n karwas, ouditorium, konferensiegeriewe, piekniekplek met sy eie swembad vir dagbesoekers 4 km buite die kamp en die Skukuza Inheemse Kwekery 5 km buite die kamp.

Doendinge by Skukuza Ruskamp sluit in boswandelings, wildritte saam met opgeleide veldgidse in die oggend, middag en aand, ontbyt en braai in die bos, 'n 9 putjie-gholfbaan, Stevenson Hamilton Memorial Library, seisoenale opvoedkundige programme, films oor wilde diere op die grootskerm (behalwe op Sondae), Lake Panic Bird Hide sowat 7 km buite die kamp en tradisionale danse wat vooraf gereël kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Skukuza Rest Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R384 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za