SANParks Van Breda Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Van Breda Cottage is in die Weskus Nasionale Park geleë, net 'n klein entjie se ry van Kaapstad af. Met so 'n ligging langs die blou strandmeer, wit duine, skaars fynbos, groen vleilande en eindelose branders, is daar meer as genoeg om te verken. Dis 'n paradys vir voetslaners, fietsryers, bergfietsryers, voëlkykers en natuurliefhebbers - kom ontspan, verken en ontdek in die Weskus Nasionale Park.

Naby die beskutte Saldanhabaai-hawe en net 1,5 uur se ry van die middestad, lê die blou waters van die Langebaan-strandmeer - die fokuspunt van die Weskus Nasionale Park. Die park spog met 'n hele rits besienswaardighede vir oud en jonk. Dié pragtige park is die perfekte plek om te verken en om in die natuur tyd deur te bring.

Van Breda Cottage is 'n onlangs opgeknapte selfsorgkothuis wat destyds een van die herehuise op die Geelbek Plaas was. Dié kothuis is by die Geelbek Stalle geleë. Die kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n ketel toegerus. Buite is daar 'n stoep met 'n piekniekbankie en ingeboude braaigeriewe.

Die Geelbek Restaurant is in die park geleë, reg langs die prentjiemooi Langebaan-strandmeer. Die restaurant spog met heerlike disse wat gaste se monde sal laat water, 'n uitstekende uitsig oor die park en die strandmeer, en dis omring deur asemrowende natuurskoon met flaminke, ander voëlspesies en 'n hele rits wildspesies. Die Kaap-Hollandse gebou is 'n nasionale monument en is bekend vir sy kenmerkende Afrika-styl.

Slaapplek

'n Bespreking by SANParks Van Breda Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Van Breda Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 162 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false