Santini Village 50
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erf 2317 Bowtie-rylaan, Santini Village-kompleks Eenheid 50, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R4 050 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Santini Village 50 is 'n selfsorgwoonstel in Santini Village-kompleks in Plettenbergbaai en is perfek vir die hele gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek sowat 3 km vanaf die strand.
Hierdie woonstel op die boonste verdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne, bad- en strandhanddoeke word voorsien.
Die oopplan leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis wat met 'n elektriese stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien-tuimeldroër, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste. Die kombuis het ook 'n toonbank met 4 stoele. Die sitarea het 'n sitkamerstel, koffietafel en 'n slim-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die TV en WiFi is aan 'n omsetter gekoppel.
Geniet 'n al fresco-ete op die stoep en kuier om 'n gasbraai. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad. Vir dié wat die area wil verken, is kegelbal, verskeie restaurante en winkelsentrums in die area beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Venita Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 27
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Erf 2317 Bowtie-rylaan, Santini Village-kompleks Eenheid 50, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erf 2317 Bowtie-rylaan, Santini Village-kompleks Eenheid 50, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap