LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Schafli Manor B&B | LekkeSlaap
+13

Schafli Manor B&B

B&B
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heron Loop 540, Cintsa, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Gaan mal, hê pret, of lê net lekker op die strand rond! Unieke akkommodasie met romantiese dekor met asemrowende see-uitsigte. Verken die luisterryke Wildekus, ver van die skares af, waar gesinspret en romantiese oomblikke op jou wag. Ideaal vir diegene wat op soek is na 'n andersoortige ervaring, met volop wild, buitelug-pret, sport en fotografie-geleenthede.

Wild en romanties, maar tog naby al die geriewe en besienswaardighede. Inkwenkwezi Wildreservaat is sowat 7 km van hier af, Emerald Vale Craft Brewer sowat 3 km, Olive Wood Gholflandgoed om en by 7 km en die lughawe net 45 km. Die bekende gesinsrestaurant, C-Club, is net oorkant die pad, aan die kant van die vallei. Daar is ook gereelde kunsmarkte en musiekfeeste in die omgewing, wat kunstenaars soos Parletones en Jessie Clegg insluit.

Daar is 3 herehuiskamers. Elke kamer bied slaapplek vir 2 mense in 'n en suite-badkamer en 'n koningin- of 'n koninggrootte-bed. Twee van die kamers het stoepe met wonderskone see-uitsigte. Die herehuiskamers Seabreeze en Bayview is groot met en suite-badkamers, DStv en aparte sitareas met lieflike strandhuis-dekor. Die Oyster-kamer is meer intiem en ouwêrelds ingerig om die geskiedkundige oorsprong van die plaashuis uit te beeld. Al die herehuiskamers bied toegang tot die hoofhuis met 'n grootskerm-TV, speletjieskamer en groot swembadterras.

Schafli Manor is deel van die Jikeleza Wildekusroete, waar jy die baaitjies en ongerepte natuur kan verken. Staan verstom voor die maan wat opkom oor die see. Soek skulpe, klippies, skeepswrakke en seelewe in die rotspoele wat millennia gelede deur lawa gevorm is. Swem, snorkel, hengel, kajak, ry perd, hardloop of stap op die eindelose strande en beoefen watersport in een van die baie riviere, mere en die see. Vaar met 'n veerboot oor die Kei saam met jou perd of jou kar (Kei-veerboot, 55 km van Cintsa af) en ervaar die ou Transkeise Wildekus, waar die tyd stil staan en die lewe nie besmet is deur moderniteit nie.

Schafli Manor is die historiese setlaarshuis in die omgewing en is gebou op die hoogste uitkykpunt. Al die eenhede is en suite en modern, dog romanties. Gaste is mal oor die eklektiese dekor en kuns wat regdeur die huis te siene is. Die ongelooflike uitsigte oor die vallei en die see is natuurlik ook 'n groot trekpleister vir die 6000 m²-eiendom.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 33 resensies vir Schafli Manor B&B
Netheid
4.5/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Heron Loop 540, Cintsa, 5275, Oos-Kaap
  • Gaste dink Schafli Manor B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Cintsa Wildekus Oos-Kaap
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heron Loop 540, Cintsa, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRkN2U2MTgzLTVlOGItNGJmOS1iNWI3LWExMjAzZmU5NjEwOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 33 5 1 5 540 Heron Loop Cintsa 5275 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -32.820247 28.112794
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!