Wildernis Akkommodasie by Sea Breeze Wilderness | LekkeSlaap
+28
+28

Sea Breeze Wilderness

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina-rylaan, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sea Breeze Wilderness is 'n selfsorg-vakansiehuis met 'n grasdak in Wildernis. Dis ideaal vir 'n gesin of groep wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ander doendinge op die Tuinroete.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers met en suite-badkamers. Daar is 3 slaapkamers met koningingrootte-beddens en 1 kamer met 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n Jacuzzi-spabad en 'n spesiale stort. Die ander koninginkamers het ook en suite-badkamers, maar het hoekbaddens en aparte storte. Die kamer met die 2 enkelbeddens het 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Elke badkamer het 'n bidet en verhitte handdoekrelings. Die slaapkamers het almal ondervloerseverhitting.

Die leefarea is ruim en oopplan met 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond en stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, ingeboude kaste en ander toebehore toegerus is.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke en daar is 'n slim-TV met 'n DVD-speler, volledige DStv-kanale en 'n klankstelsel. Skuifdeure lei na 'n houtdek met 'n swembad wat uitkyk op die strand, sonstoele en dekmeubels. Die swembad het 'n veiligheidsnet vir die kleintjies. Daar is 'n ekstra sondek aan die ander kant van die huis met 'n tafel en stoele, sowel as 'n draagbare Weberbraai.

Gratis, onbeperkte WiFi is in die huis beskikbaar.

Die huis het ook 'n privaat paadjie na die strand wat sowat 200 m vanaf die huis is. Daar is baie trappies op pad na die strand.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Breeze Wilderness sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir Sea Breeze Wilderness
Netheid
4.3/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Marina-rylaan, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Breeze Wilderness het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina-rylaan, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEwMDg2ZmUxLTI5MTYtNDRiOC1iMThiLTEwNGI3NDY3OTBmZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 Marina Drive Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -33.998472222222 22.609027777778
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za