6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Beach Boulevard East, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Sea Cottage 21 is 'n selfsorgwoonstel met 2 verdiepings wat teen die kus in Diaz-strand tussen Hartenbos en Mosselbaai op die skilderagtige Tuinroete geleë is. Dié eenheid is naby Langeberg Mall, Garden Route Casino, gholfbane, restaurante en verskeie wildsplase, soos Botlierskop. Die Kango-grotte en Oudtshoorn se volstruisplase is sowat 70 km van die eenheid af.
Verblyf is beskikbaar in 'n drieslaapkamer-eenheid met 3 badkamers en 'n volledig toegeruste, oopplan-kombuis en -sitarea. Die onderste verdieping het 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n eie ingang. Die badkamer het 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook 'n privaat ingang. Die derde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en lei na 'n dek met 'n lieflike uitsig oor die see en Seal Island. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n waterfliter. Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n Hi-Fi.
Daar is ook 'n buitebraai-area, wasmasjien, lugversorging in die sitarea, afstandbeheerde toegang tot die swembad en die strand, en veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie.
Let asseblief op: geen troeteldiere word toegelaat nie en rook is verbode in die huis.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Martie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Beach Boulevard East, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Cottage 21 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Beach Boulevard East, Diaz Beach, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang