Sea La Vie
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lampiesrylaan 91, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Sea La Vie is 'n woonstel met 'n privaat ingang op die boonste verdieping wat deel van die eienaar se huis vorm en in die skilderagtige dorpie, Lampiesbaai, in St. Helenabaai geleë is. Die woonstel bied 'n rustige atmosfeer en is net 100 m vanaf die gewilde Gouemylstrand.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, broodrooster eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n enkelslaapbank, ekstra sitplek, 'n etenstafel en 'n binnebraai-area. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die skuifdeur bied toegang tot 'n groot beskutte balkon met buitemeubels waar gaste die gedeeltelike see-uitsig kan bewonder.
Parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.
Die woonstel is sowat 6 km vanaf die plaaslike Spar, OK, restaurante en kroeë. Aktiwiteite in die area sluit branderplankry, stap, swem, kajakvaart, snorkel, walvis- en dolfynkyk, visvang, gholf en voëlkyk in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Hanlie Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- Lampiesrylaan 91, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea La Vie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Golden Mile St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lampiesrylaan 91, Lampiesbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap