Britanniabaai Akkommodasie by Sea Pearl Villa | LekkeSlaap
+44
+44

Sea Pearl Villa

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Oloff Hennig-singel 4, Britanniabaai, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sea Pearl Villa bied verblyf in 3 en suite-slaapkamers in 'n dubbelverdiepinghuis in St Helenabaai, net 60 m vanaf die strand en 'n klein entjie se ry na 'n paar winkels, restaurante en ander besienswaardighede in die omgewing. Die huis word met die eienaars, 'n paartjie bibliotekarisse, gedeel en hulle moedig gaste aan om 'n boek saam te bring en dit daar te los vir die volgende gaste om te geniet. Gaste sal egter steeds die privaatheid hê wat hulle benodig om die Weskus te volle te geniet.

Dié eenheid is smaakvol versier en het 3 slaapkamers en 3 en suite-badkamers. Twee van die kamers het koningingrootte-beddens en daar is 3 driekwartbeddens in die derde slaapkamer. Elke badkamer het 'n stort en bad, dubbelwasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus en het ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Verder is daar 'n stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, stoomyster en strykplank. Alle kookgerei, breekware en eetgerei word voorsien.

Die leefarea het 'n kaggel en 'n TV met DStv-Premier. Dit lei na 'n houtdek met stoepmeubels en 'n ingeboude braai wat oor die see uitkyk. Daar is parkeerplek op die perseel vir 4 voertuie.

Sea Pearl Villa is net 6 km se ry vanaf Shelley Point Gholfklub en ander besienswaardighede.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Pearl Villa sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 1 resensie vir Sea Pearl Villa
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Oloff Hennig-singel 4, Britanniabaai, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Pearl Villa het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Oloff Hennig-singel 4, Britanniabaai, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALcFUmHY5E5paAl3DWdTpjnKFFKXF9eyhf5O5Sx7AhSC4g4DCyt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 7) 1 5 1 4 4 Oloff Hennig Crescent Britannia Bay 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 12:00 -32.71994 17.93546
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za