Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea View Apartment

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cowry-rylaan 45, Elysium, Mdoni, 4185, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Sea View Apartment is 'n oopplan-selfsorgwoonstel op die eerste verdieping van 'n gebou in Elysium, Mdoni. Die woonstel is 200 m van 'n pragtige, onbewaakte strand af en Ifafa-strand is 4 km ver. Ifafa-strand het 'n getypoel en bewaakte strand, en so ook Mwatalume. Cozy Cove in Mwatalume is 'n restaurant wat 7 dae 'n week oop is en Hibberdene is 17 km ver en het die naaste winkelkompleks. Dit het ook 'n Blouvlagstrand en die Jolly Roger het 'n waterwurm, restaurant en 'n putt-putt-baan met 18 putjies.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en het 'n oopplan-uitleg. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, spieëltafel, 'n area om bagasie te stoor, 'n kas met 4 laaie en 2 rakke en 2 staanders met hangers. Die woonstel het 'n storthokkie met warm en koue water. Daar is 'n aparte toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n yskas, gasstoof, 'n elektriese en 'n gasketel, broodrooster, mikrogolf, dubbelwasbak, besemkas, groenterak en skoonmaakmiddels toegerus. Daar is eetgerei en breekware vir 4 gaste. Daar sal ook 'n verwelkomingsdrankie in die yskas wees met aankoms en tee, koffie, verromer, suiker en versoeter vir die eerste nag.

Die leefarea het 'n TV met 'n OpenView-dekodeerder en 'n etenstafel vir 4. Daar is 2 enkelbeddens in dié area en dit word geskei met 'n kamerverdeler. Die leefarea het groot vensters met 'n see-uitsig. Op die groot balkon is daar 'n tafel, 4 stoele en 'n draagbare braai. Die stoep se oostelike kant het ook 'n see-uitsig.

Binne 'n radius van 30 km is daar 8 gholfbane, 'n dryfbaan, 'n mashie-baan met 9 putjies en 4 rolbalbane. Verskeie visvanggeleenthede en besienswaardighede is beskikbaar en afhangende van die tyd van die jaar kan gaste dolfyn- en walviskyk. Tussen Junie en Julie is die bekende Sardientjieloop 'n moet-sien-geleentheid.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea View Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

2.9 uit 5van 2 resensies vir Sea View Apartment
Netheid
3.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
2.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

2.9/5

Piere Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Jaar gelys 2

Ligging

  • Cowry-rylaan 45, Elysium, Mdoni, 4185, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cowry-rylaan 45, Elysium, Mdoni, 4185, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf58d29594e1b80ab40e9d6894d93a9d7a0a260ddd4b469920aabcbfe2d1065777e4625c62af4de9e25a347fc2f92cc0b475d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 4) 2 5 1 3 45 Cowry Drive Elysium 4185 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -30.47568 30.638079
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem