Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sealandra Sands 14

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ray-weg, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sealandra Sands 14 is 'n bekoorlike eenheid op die eerste verdieping in 'n veilige kompleks langs Marinerylaan in Ramsgate-Noord.

Dié eenheid beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n plafonwaaier. Die vierde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die gaste in die tweede en derde slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n ontbythoekie met sitplek vir 6 toegerus. Die leefarea het 'n sitkamerstel met sitplek vir 6 gaste en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie dekodeerder, kabels en slimkaart saambring. Let asb. dat dit nie vir 'n PVR of 'n Explora geskik is nie. Alternatiewelik kan gaste 'n dekodeerder by 'n plaaslike verskaffer in Margate huur. Daar is 2 plafonwaaiers in die sitarea. Verder het die eenheid onbeperkte WiFi.

'n Ruim en semi-toegeboude balkon word deur die hoofslaapkamer en sitarea bereik en spog met 'n see-uitsig. Buite is daar 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n braai. Die kompleks spog met 'n swembad, 'n plonspoel vir kleuters en word deur pragtig tuine omring.

Hierdie eenheid het 'n toesluitmotorhuis, spasie vir sleepwaens en addisionele parkeerplek is vir besoekers beskikbaar. 'n Strandhek bied direkte toegang tot die strand wat net 30 m ver is. Die omgewing bied 'n verskeidenheid winkels en restaurante om te verken.

Slaapplek

’n Bespreking by Sealandra Sands 14 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 82

Resensies 394

Jaar gelys 5

Ligging

  • Ray-weg, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ray-weg, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2b47d18f34b1caf982a3e5856169208c0e82b96f98b98b9b2a9d8dd685673a14462365f5efc1a81b037c6344c047039cdda?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 6) Ray Road Margate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -30.874899194556 30.362090637443
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem