Big Bay Akkommodasie by Seaside Village L11 | LekkeSlaap
+19

Seaside Village L11

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis- en Cormorant-laan, Seaside Village L11, Big Bay, 1446, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seaside Village L11 is in Big Bay geleë en bied luukse verblyf wat perfek is vir vakansiegangers en sakereisigers. Dié eenheid is naby verskeie restaurante, winkels en besienswaardighede geleë.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer met 2 driekwartbeddens. Daar is ook 'n slaapbank in die sitarea. Daar is 2 badkamers, die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n hoekbad. Die ander aparte badkamer het 'n stort.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër in die hoofbadkamer beskikbaar. Die leefarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en die eetkamer het 'n eetkamerstel met sitplek vir 6 gaste. Die eenheid spog met 'n balkon en 'n tafel met 4 stoele, nog 2 aparte stoele en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Bloubergstrand het 'n pragtige uitsig oor Tafelberg en is die ideale plek vir diegene wat Kaapstad of die omliggende omgewing besoek. Die goue strande is fantasties vir watersport soos seilplankry en vlieërbranderry, terwyl ander doendinge soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet ook naby geniet kan word.

Slaapplek

’n Bespreking by Seaside Village L11 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 5 resensies vir Seaside Village L11
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Otto du Plessis- en Cormorant-laan, Seaside Village L11, Big Bay, 1446, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seaside Village L11 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis- en Cormorant-laan, Seaside Village L11, Big Bay, 1446, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1MGEzNWQwLTcyZGItNDJlNy1hYmJjLTkwY2FiMDg2OTYwMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Otto du Plessis Drive & Cormorant Avenue Seaside Village L11 1446 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.78802440945 18.456642329693
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za