LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Seasons Golf, Leisure and Spa | LekkeSlaap
+71

Seasons Golf, Leisure and Spa

  • Kapasiteit: 458 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 116 Hartbeesfontein Plaas 445JQ, Seasons Eko-landgoed, Ou Rustenburg-pad, 10 km buite Brits, 0250, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 810 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Seasons Golf, Leisure and Spa is 'n ontspanningsoord in die hartjie van die Suid-Afrikaanse bosveld met 121 ha se inheemse skoonheid, teen die noordelike skuinstes van die Magaliesberge. Die oord is min of meer 'n uur se ry vanaf Sandton en Pretoria. Gaste kan by die spa ontspan en 'n rondte gholf geniet, gehaltetyd saam met hulle gesinne deurbring of een van die verskeie besienswaardighede in die Hartbeespoort-streek besoek.

Verblyf word in luukse lodge-kamers, "premium"- en "superior"-villas gebied. Die luukse lodge-kamers is ruim en het baie natuurlike lig en 'n moderne aanleg. Die luukse lodge-eenhede is ideaal vir groepvakansies of groter gesinne. Gaste kan tot 4 slaapkamers met 'n kuierarea bespreek. Die "Premium"-villas is dubbelverdieping-eenhede met lugversorging, 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n slaapbank. Die "Superior"-villas het 3 slaapkamers en 2 badkamers, en is die ideale opsie vir 'n gesinswegbreek.

Die bekroonde spa bied verskeie behandelings wat deur die seisoene geïnspireer is: Ontspanning in die somer, varsheid in die winter, die belofte van lente en vrede tydens herfs. Die oord bied geriewe vir die hele gesin, onder meer verskeie swembaddens wat elkeen 'n unieke kenmerk het, voetslaan-, draf- en bergfietspaadjies, voëlkyk, 'n boma-area, 'n gholfbaan, 'n restaurant en koffiewinkel, 'n geriefswinkel, mini-gholf, 'n enorme skaakbord, 'n speelgrond vir kinders, asook konferensie- en vergaderkamers.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 18 resensies vir Seasons Golf, Leisure and Spa
Netheid
4.4/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Erfdeel 116 Hartbeesfontein Plaas 445JQ, Seasons Eko-landgoed, Ou Rustenburg-pad, 10 km buite Brits, 0250, Noordwes
  • Gaste dink Seasons Golf, Leisure and Spa het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf R1 810
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 810
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 458 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 116 Hartbeesfontein Plaas 445JQ, Seasons Eko-landgoed, Ou Rustenburg-pad, 10 km buite Brits, 0250, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA32d5lD6hi9ixeMenslPpn3KGujwXHMuvgtGcjnge7y0gPXmmpY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 810  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 Portion 116 Farm Hartbeesfontein 445JQ Seasons Eco Estate, Old Rustenburg Road 0250 Noordwes 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -25.701216667409 27.849355711639
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!