Tergniet Akkommodasie by SeaView2die4 | LekkeSlaap
+13

SeaView2die4

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Kreef Laan, Tergniet, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Hierdie nuutgeboude vakansiehuis is geleë op die Tuinroete in Tergniet, 'n baie stil en rustige area. Ons bied pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan vanaf die dek, slaapkamers, kombuis én leefarea! Die huis het gemaklike slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en is slegs 'n 5 minute stappie van die see af.

Die huis bestaan uit 4 slaapkamers en 3 van die slaapkamers het en suite-badkamers. Daar is 'n slaapkamer vir kinders sonder 'n badkamer. Die kinderkamer het 'n enkelstapelbed. Die kombuis is volledig toegerus met moderne geriewe insluitend 'n skottelgoedwasser en mikrogolfoond. Die oopplan-leefarea is ingerig met 'n TV, DStv, DVD-speler en 'n lieflike ingeboude braai/kaggel. Die leefarea lei na 'n houtdek wat oor die pragtige see uitkyk.

Ons is slegs 14 km vanaf Mosselbaai se middedorp, 25 km vanaf George Lughawe, 95 km vanaf Knysna en 82 km vanaf Oudtshoorn. Tydens walvisseisoen (Julie - November) kan gaste 'n walvisboot neem en tot so naby as 50 m van hierdie vriendelike see-reuse af kom. Of jy kan luilekker vaar reg rondom Robeiland met sy oorvloed (meer as 2000!) robbe. Daar is verskeie avonture in die omgewing insluitend: wêreldklas-gholfbane, perdry, voetslaan, reksprong en 4x4- en vierwielmotorfiets-roetes.

Slaapplek

’n Bespreking by SeaView2die4 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Ligging

  • 1 Kreef Laan, Tergniet, 6520, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Kreef Laan, Tergniet, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJhOGQ0ZWYyLTNhOWQtNGU0Zi1iMGQxLTM5ZmJiNWMyN2I2OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 750  per nag (plek vir 8) 1 Kreef Avenue Tergniet 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.068258339613 22.186290174723
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za