Sebastian House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sebastian House is 'n selfsorghuis in Constantia, Kaapstad. Dié vakansiehuis is ideaal vir 10 gaste wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek, naby 'n verskeidenheid besienswaardighede in die Suidelike Voorstede.

Die huis is smaakvol versier en het 4 slaapkamers, 3 en 'n halwe badkamers en 'n afsonderlike woonstelletjie op die perseel. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort en -bad. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde en vierde kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor al die nodige toebehore. Die kombuis lei na 'n TV-kamer, waar sekere DStv-kanale beskikbaar is. Die sitkamer het 'n kaggel en lei na 'n stoep met tuinmeubels. Daar is 'n swembad op die perseel, asook 'n ADSL-lyn.

Die huis het 'n alarmstelsel wat aan 'n gewapende reaksie-eenheid geskakel is. Sebastian House is net 'n paar minute se ry van die Constantia Village Winkelsentrum, restaurante en ander geriewe af. Die perseel is 5 minute se ry vanaf verskeie wynproe-venues en landgoedere.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sebastian House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za