Tuinroete Akkommodasie by Sedgefield Apartment on the Lake | LekkeSlaap
+36

Sedgefield Apartment on the Lake

1 resensie
Selfsorg
Winteraanbod

Ontvang 'n gratis ontbyt vir 2. Geldig vanaf 1 Apr 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groenvleipad, Lake Pleasant Apartments, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R2 080 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Sedgefield Apartment on the Lake is 'n luukse selfsorgwoonstel op die grondvloer van die Lake Pleasant-hotel aan die oewers van die Groenvlei-varswatermeer. Die woonstel is slegs 3 km van Sedgefield en 20 km van Knysna af.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en toegang tot die pragtige tuin. Die oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea bied ook toegang tot die tuin. Die groot slaapkamer het baie kasspasie, 'n luukse stort of bad en 'n kluis vir waardvolle items. 'n Tweede badkamer is beskikbaar met 'n stort vir diegene wat van die slaapbank in die sitkamer gebruik maak.

Die kombuisie is toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, tweeplaatstoof en 'n mikrogolf. 'n Ronde viersitplektafel en stoele is tussen die kombuis en sitkamer beskikbaar. Die sitkamer het 'n uittrekbank, 'n yskassie en 'n TV met DStv. Die sitkamer lei na 'n stoep met buitemeubels en 2 sonstoele. Die woonstel is naby 'n welige groen tuin en die varswatermeer wat perfek is vir gaste wat 'n bietjie wil ontspan.

Die kompleks bied 24 uur-sekuriteit, 2 gemeenskaplike swembaddens, asook 'n restaurant (Traders) op die perseel wat ligte etes bedien. Kamerdiens is ook beskikbaar en daar is WiFi.

Slaapplek

’n Bespreking by Sedgefield Apartment on the Lake sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Sedgefield Apartment on the Lake
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Groenvleipad, Lake Pleasant Apartments, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sedgefield Apartment on the Lake het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf R2 080
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 080
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groenvleipad, Lake Pleasant Apartments, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA96b5370398273979f1dd3c429f17f4bc4ef781e59a9433e207537ef62c99b7d45c907022cabbcd784f6b317e9aa4437bf435?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 080  per nag (vir 4 persone) 1 5 1 5 Groenvlei Road Lake Pleasant Apartments 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.027321655958 22.837702780426
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za