10 gaste
4 slaapkamers
6 beds
5 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 50 Kingfisher Drive, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Sedgies on the Water bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n pragtige erf teen die see in Sedgefield. Dié vierslaapkamerhuis kyk uit oor Sedgefield se riviermonding en is loopafstand vanaf die pragtige, ongerepte strand.
Dié verblyf op die onderste verdieping beskik oor 3 dubbelkamers en 'n groter vierde kamer met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders, of 4 kinders. 3 kamers het en suite-badkamers. Die Lake-kamer het 'n koningingrootte-bed, volledige en suite-badkamer en toegang tot die dek. Die Lagoon-kamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met die Lake-kamer. Dié kamer het ook toegang tot die dek. Die Sunset-kamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, en kry lieflike middagson met 'n uitsig gedeeltelike oor die water. Die Garden-gesinskamer het 'n koninggrootte-bed, enkelbed, uittrek-enkelbed, en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, en is ideaal vir 'n gesin met jong kinders. Dié kamer kan ook as 'n kinderkamer dien met 4 enkelbeddens en oorgenoeg ruimte om te speel. Dit het direkte toegang tot die tuin.
Die oopplan-kombuis het 'n skottelgoedwasser en sluit aan by die ruim sit-, eet- en TV-area. WiFi is orals in die huis beskikbaar. Daar is ook 'n sauna op versoek.
Gaste het toegang tot onderdak-parkeerplek vir 1 voertuig en daar is ook ekstra parkeerplek. Die huis word 2 keer per week skoongemaak en ekstra skoonmaak- en wasgoeddienste is beskikbaar op versoek vooraf.
Gaste kan heerlik ontspan en die uitsigte geniet vanaf die dekke met braaigeriewe. Mens sien die water onder, die bote wat verby vaar en Sedgefield se heuwels in die verte. Daar is 'n privaat paadjie na die water en 'n kano's vir gaste wat in die water wil baljaar.
Kinders kan lekker speel in die veilige strandmeer, die strand is gemáák vir lang wandelinge, en die visse byt gereeld. Die huis is lekker sentraal vir besoekers wat die Tuinroete wil verken. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie!
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gail Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 50 Kingfisher Drive, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Sedgies on the Water het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
50 Kingfisher Drive, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang