Seehuisie

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 12 Sep 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Seehuisie is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis, net 50 m van die see af en dit is in Duinepark Witsand, 'n klein kusdorpie in die Wes-Kaap, geleë. Die Breederivier en die Indiese Oseaan ontmoet hier. Die woord Witsand is afgelei van die Nederlandse woorde vir "wyd" of "breed".

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, 'n ruim oopplan-leefarea en 'n -kombuis, eetarea met 'n tafel en stoele vir 6 mense, 'n binne-braai en 'n dek buite. Die hoofslaapkamer is op die tweede verdieping en is smaakvol ingerig met 'n dubbelbed, bedkassies, lieflike ingeboude kaste, asook 'n en suite-badkamer.

Die badkamer is modern, met sagte en gladde afwerkings en 'n losstaande ovaalbad. Die tweede en derde slaapkamers is op die grondvloer en deel 'n badkamer op die grondvloer. Die een kamer het 'n dubbelbed en die ander 'n dubbelstapelbed. Die slaapkamers het ingeboude kaste. Die onderste badkamer is ingerig met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en 'n lekker groot koffietafel om speletjies op te speel. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, wasmasjien en skottelgoedwasser. Daar is 'n ruim houtdek, buite die sitkamer, en gaste kan 'n gedeeltelike see-uitsig daar geniet. Die huis het ook 'n enkelmotorhuis wat toesluit en ekstra onderdakparkeerplek.

Die hele huis is tot jou beskikking en word nie met ander gaste gedeel nie. Die huis is in 'n baie veilige omgewing geleë. Die kinders kan heerlik rondhardloop en speel, strand toe gaan, in die getypoel swem en skulpies optel. Alles stapafstand van die huis.

Witsand is 'n gewilde bestemming vir visvang in die Breederivier met sy groot kabeljou, valskermsweef en vlieërbranderry.

Slaapplek

'n Bespreking by Seehuisie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seehuisie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 090 R927 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 12 Sep 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za