Margate Akkommodasie by Seeskulp 16 | LekkeSlaap
+9
+9

Seeskulp 16

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R660 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Colinstraat 60, Uvongo Beach, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seeskulp 16 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Uvongo Beach geleë. Die kompleks is binne maklike bereik vanaf die swemstrand in die area.

Dié grondvloerwoonstel is oorkant die gemeenskaplike swembadarea geleë en het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed en toegang tot die tweede badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus en het 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n tuimeldroër. Die leefarea het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart saambring. Ongelukkig sal Explora-dekodeerders nie werk nie.

Die kompleks bied gemeenskaplike braaigeriewe en onderdakparkeerplek vir voertuie. Die kompleks is ook naby restaurante en 'n Spar en 'n motorrit ver vanaf ander besienswaardighede in Margate.

Slaapplek

’n Bespreking by Seeskulp 16 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Seeskulp 16
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Colinstraat 60, Uvongo Beach, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seeskulp 16 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R660
per nag (plek vir 6)
Vanaf R660
per nag (plek vir 6)
Vanaf R660
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Colinstraat 60, Uvongo Beach, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIzp8lnvzwe2VXCn8B3J4pKfkGh6XH1IjarxfQ9CJ5bIOEhf7Mr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R660  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 60 Colin Street Uvongo Beach 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.830573071414 30.398444699336
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za