Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Selah

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chanteclair-weg 68, Chante Clair, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 960 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Selah is teen die hange van die ikoniese Overbergreeks geleë en bied pragtige uitsigte oor die blou see en die op die berge vol fynbos. Met dramatiese argitektuur wat die pragtige vloei van die bergpieke naboots, bied Selah ware luuksheid vanuit elke hoek en is dit ideaal vir gaste wat 'n blaaskans wil neem.

Hierdie selfsorgvilla bied slaapplek aan 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 5 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, waarvan 1 slaapkamer 'n aparte kothuis is, en 4 badkamers.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kamer spog met 'n privaat balkon met 'n pragtige berguitsig. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer is 'n solderkamer met 2 matrasse vir 4 kinders. Gaste in hierdie kamers deel 2 badkamers waarvan een 'n stort en die ander 'n bad het. Die kamers bied ook toegang tot 'n balkon met 'n uitsig oor die see en die tuin. Die vyfde slaapkamer is 'n aparte kothuis met 'n dubbelbed en 'n kombuisie wat met 'n yskassie, basiese eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Dit spog ook met 'n uitsig oor die swembad. Die aangrensende badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n sentrale toonbank met stoele. Daar is 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser in die aparte opwaskamer. Die kombuis lei na die eetarea en die sitarea met gemaklike rusbanke, 'n binnenshuise braai-area en 'n kaggel. Daar is ook 'n TV en toegang tot gratis WiFi.

Die tuin en swembadarea wat aan die bergkant geleë is, is die hoofaantrekkings. Dit is die perfekte plek om te ontspan. Daar is buitesitplek en braaigeriewe wat perfek is vir al fresco-etes.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek vir 4 voertuie, en 1 parkeerplek in 'n motorhuis. Die verblyf is met 'n alarmstelsel beveilig en het ook 'n rugsteunbatterystelsel vir beurtkrag.

Slaapplek

’n Bespreking by Selah sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Kindermatras vir 2
Slaapkamer 4
Plek vir 4 mense
2 xKindermatras vir 2
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 53

Resensies 27

Jaar gelys 2

Ligging

  • Chanteclair-weg 68, Chante Clair, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Onrus Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R6 960
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R6 960
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Chanteclair-weg 68, Chante Clair, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1c6c7da86081182afd16153e291ffda20bf4ac70b23558d1db0796ebb3ae689a7631c918987012e7c3370fcbaf47ee931e54?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 960 per nag (plek vir 8) 68 Chanteclair Road Chante Clair 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.404679087594 19.17943002943
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem