Serenity Du Bois Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Kry 25% af. Geldig vanaf 17 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Serenity Du Bois Lodge is 'n pragtige grasdak-lodge wat op die 3000 hektaar-reservaat, Marlothpark, geleë is. Dié reservaat lê aan die suidelike Krokodilriviergrens van die Krugerwildtuin en is slegs 15 minute se ry van die Krokodilbrug-ingangshek af. Daar is tientalle wildspesies in Marlothpark en heelwat diere kan rondom die lodge besigtig word.

Die lodge het slaapplek vir 14 gaste in 6 en suite-kamers met lugversorging, waarvan 5 kamers 'n patio het. Die lodge het selfsorggeriewe en 'n gemeenskaplike swembad. Daar is egter ook kroegetes en etes by die reservaat se restaurante beskikbaar indien gaste nie wil kook nie. Andersins kan gaste braai en luister na die bosgeluide — 'n leeu se brul of 'n hiëna se geroep, of die gegrom van 'n seekoei in die rivier.

'n Plonspoel bied lafenis in die snikhete somermaande. Wildkykritte en nagritte is beskibaar. Daar is gholfgeriewe naby die lodge. Die lodge-omgewing is 'n voëlkykersparadys en dit is naby Swaziland, Mosambiek en die Panoramaroete vir daguitstappies. Lughawe- en hotelvervoer is beskikbaar na en vanaf die lodge.

Gaste kan langs die Krokodilrivier gaan stap en na wild in die Krugerwildtuin kyk — dit is baie veilig aangesien daar 'n heining is wat die wild verhoed om heen en weer tussen Kruger en Marlothpark te beweeg. Die lodge is 4 tot 4½ uur se ry vanaf Johannesburg en Pretoria op die N12/N4 in die rigting van die Krugerwildtuin. Daaglikse vlugte is ook beskikbaar vanaf Johannesburg na die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en vervoerdienste is beskikbaar vanaf die lughawe tot by die lodge.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Serenity Du Bois Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 R863 per nag (vir 2 mense)

Kry 25% af. Geldig vanaf 17 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za