Serenity House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Serenity House bied stylvolle, gerieflike verblyf in ’n moderne huis in ’n stil, rustige area in Parklands. Dié huis is sowat 5 minute se ry vanaf Blouberg se strand. Die MyCiTi-busstop is 300 m ver en daar is verskeie winkels, Table Mall en ’n Virgin Active-gimnasium in die nabye area.

Verblyf word in ’n privaat, ruim kamer gebied met ’n ortopediese koningingrootte-bed en katoenlinne met ’n 200-draadtelling, ’n spieëltafel en oorgenoeg stoorplek. Die moderne badkamer spog met ’n bad en aparte stort.

Die kamer het stoepdeure wat direk na die onderdak-veranda lei, wat dan oor die swembad en inheemse tuin uitkyk. Parkeerplek word voorsien in ’n motorhuis.

Privaat Joga-klasse word op versoek op die perseel aangebied en 'n joga-mat word verskaf.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Serenity House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R425 per nag (plek vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false