Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Settle Inn

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Primrose-straat 25, Kerkgrond, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Settle Inn is in Sutherland. Die Sutherland Planetarium is slegs 250 m van hierdie instansie af en die Southern African Large Telescope is slegs 18 km ver.

Verblyf is beskikbaar in die Hoofhuis, Kothuis en die Settle - Inn-woonstel. Die hoofhuis het 'n privaat ingang en beskik oor 4 slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Drie van die slaapkamers het dubbelbeddens en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n binnebraai-area, sitarea met 'n TV met DStv se hotelpakket met KykNet 144 en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. WiFi is gratis beskikbaar.

Die kothuis het 'n privaat ingang, 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n vierplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die woonstel is 'n aparte eenheid en geskik vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas, tweeplaatstoof en oond toegerus. Die eenheid sluit DStv, WiFi, 'n beskutte braai in en daar is ligte en 'n eenplaat-gasstoof wat tydens beurtkrag werk.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek. 'n Baba-oppasdiens en wasgoeddiens is op versoek beskikbaar.

Aktiwiteite in die omgewing wat gaste kan geniet, sluit in planetarium, perdry, fietsry, wildkyk, bergfietsry, sterre kyk, voëlkyk, wildritte en begeleide wandelinge.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 30 resensies vir Settle Inn
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Etienne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 52

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Primrose-straat 25, Kerkgrond, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Settle Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Primrose-straat 25, Kerkgrond, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0be59a57ab1c76800245f858d7e6de25045ea3472faa388c0bf60e2f776947996d2412b3a0ba38877f56879c40a1e7aad26?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 30 5 1 5 25 Primrose Street Kerkgrond 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.393205716979 20.660308327147

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang