Shambala Sea Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shambala Sea Cottage is in die kusdorpie, Dwarswegstrand in Groot-Brakrivier tussen Mosselbaai en George geleë.

Dis in 'n stil straat minder as 50 m vanaf 'n privaat strand in Dwarswegstrand.

Dié grondvloer-ateljeewoonstel het 'n oopplan-uitleg en het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders, of 4 volwassenes wat nie omgee om nie privaat te slaap nie. Die slaaparea is ingerig met 'n dubbelbed. In die leefarea is daar 'n dubbel-slaapbank wat geskik is vir nog 2 persone.

Die kombuisie is goed toegerus met 'n tweeplaatstoof en 'n oondjie, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, breekware en eetgerei. Die oopplan-leefarea het 'n eetkamerstel vir 4 en 'n sitarea met 'n slaapbank en 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler. 'n DStv-koppelpunt is beskikbaar, so bring asb. net jou eie dekodeerder en slimkaart saam. Braaigeriewe is beskikbaar.

Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit Wild Oats Farmers Market in Sedgefield, Fancourt-gholfbaan, Pinnacle Point en 'n bootrit op die John Benn na Die Koppe in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shambala Sea Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false