Shangrila Holiday Flat

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Shangrila Holiday Flat is 'n knus selfsorgwoonstel vir 6 gaste teen die see in Doonside.

Die woonstel is op die vyfde vloer geleë, kyk oor die swembad uit en word via 'n hysbak bereik. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed wat 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo het. 'n Dubbelslaapbank is in die sitkamer beskikbaar en 'n enkelbedmatras kan op versoek voorsien word. Die tweede badkamer het net 'n stort. Al die slaapkamers het waaiers en gaste moet asseblief hulle eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en etes kan by die etenstafel of ontbyttoonbank geniet word.

Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Rook is verbode in Shangrila Holiday Flat. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Die kompleks het sekuriteit, 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe, sowel as 'n swembad en speelarea vir kinders. Daar is 'n geriefswinkel, 'n wassery en veilige parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Shangrila Holiday Flat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shangrila Holiday Flat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R630 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za