Margate Akkommodasie by Shelly Palms 5 | LekkeSlaap
+16
+16

Shelly Palms 5

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R660 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marinerylaan 871, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Shelly Palms 5 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Shelly Beach, Margate. Dié kompleks spog met direkte toegang tot die strand en is naby Shelly Centre.

Die woonstel is op die eerste verdieping, het slaapplek vir 4 of 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, ketel en 'n broodrooster.

Die sitkamer het 'n enkelslaapbank vir 'n vyfde gas en het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan dus hulle eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Daar is egter nie 'n koppelpunt vir Explora-dekodeerders nie.

Die kompleks is het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe en veilige parkeerplek. Die kompleks is ook naby restaurante en is ryafstand vanaf ander geriewe in hierdie deel van die Suidkus.

Slaapplek

’n Bespreking by Shelly Palms 5 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Shelly Palms 5
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Marinerylaan 871, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Shelly Palms 5 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R660
per nag (plek vir 4)
Vanaf R660
per nag (plek vir 4)
Vanaf R660
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marinerylaan 871, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAScwmfOWmEEBbQT3QIwG56lQ1B2lxWPAiFW6yOic2We5dgZWnxq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R660  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 871 Marine Drive Shelly Beach 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.802194670562 30.413486360748
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za