Shick Shack

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Shick Shack is ’n selfsorg-vakansiehuis in die kusdorpie Eersterivierstrand in die Tsitsikamma-streek. Dié dubbelverdieping huis bied slaapplek aan 8 gaste en het gedeeltelike see-uitsigte vanaf die stoep.

Die huis is volledig gemeubileer en het 4 slaapkamers en 3 en ’n halwe badkamer. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor ’n dubbelbed en en suite-badkamer, die tweede kamer het ook ’n dubbelbed en het toegang tot die tweede aparte badkamer met ’n stort en wasgoedgeriewe. Die derde en vierde kamer is op die onderste verdieping en het elk 2 enkelbeddens. Die 2 kamers het toegang tot ’n en suite-badkamer wat die 2 kamers verbind.

Die oopplan-kombuis en -leefarea is ook op die boonste verdieping. Die kombuis is goed toegerus met die nodige toebehore om maaltye te kook, asook ’n yskas vir wyn. Die oopplan-leefarea het ’n TV met ’n DStv-koppelpunt. Gaste moet net hul eie DStv-dekodeerde en -slimkaart saambring. Die leefarea lei na ’n dek met ’n buitebraai en ’n pragtige see-uitsig, aangesien die huis op ’n krans gebou is. Elke kamer lei ook na die dek.

Eersterivierstrand bied rotspoele wat ideaal is vir snorkel. Daar is ook ’n paar fynbospaadjies om te verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Shick Shack sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Shick Shack gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 750 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false