4 gaste
2 slaapkamers
4 beddens
2 badkamers
- 4 gaste
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - 21 Popham Street, Unit 12B, Cape on Popham, Bloubergstrand, Cape Town, 7441, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Shore2Please is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Table View, Kaapstad. Die gebou is 500 m vanaf Bloubergstrand, restaurante en winkels in die omgewing. Hierdie woonstel is op die tweede verdieping en daar is slegs trappe wat daarheen lei.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Een slaapkamer het 2 enkelbeddens en die ander slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Albei slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die woonstel het 'n kombuis waar gaste maaltye kan voorberei en daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien-tuimeldroēr.
Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste, rusbanke en 'n TV met Netflix. Die leefarea lei na 'n balkon met stoepmeubels en Weber-braaigeriewe.
Gratis WiFi is beskikbaar. Die eenheid het 'n aangewese tandemparkeerplek vir 2 voertuie of 'n waentjie.
Shore2Please is sowat 10 km vanaf die begin van die Durbanville-wynroete, 15 tot 20 km vanaf Kaapstad se middestad en die V&A Waterfront en sowat 29 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Dít is wat jy hier sal kry
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Shane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors
Tariewe en beskikbaarheid
Spaar op jou verblyf
Kyk ’n bietjie watter spesiale aanbiedinge by dié blyplek beskikbaar is.
Wat jy moet weet
- Selfsorg
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1 100 moet direk aan die eiendom betaal word.
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Skoonmaakfooi van R370 per bespreking
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 is voor inklok betaalbaar, dit kan met bespreking betaal word.
Stel asb. die eienaar van enige skade of breekskade met uitklok in kennis.
Gaste sal aanspreeklik wees vir enige skade of breekskade wat die breekskadedeposito oorskry.
Enige verlore sleutels en afstandbeheerders sal 'n vervangingskoste aangaan.
Daar is 'n laat inklokfooi van R100 per uur. Gaste sal R500 ekstra per uur gehef word ná uitkloktyd as hul nie die bykomende uitklokfooidiens gekies het nie.
Veilige parkeerplek is vir 2 motors of 1 motor en 'n sleepwa beskikbaar.
Skoonmaakdienste kan teen 'n ekstra koste gereël word.
Rook in die verblyf is verbode.
Gaste moet minimum 6 jaar oud wees.
Gaste mag nie toeter blaas nie.
Daar is gereserveerde parkeerplek vir gaste. Parkeer slegs in die parkeerplek wat aan gaste toegeken is vir die duur van jul verblyf, gaste sal R1000 gehef word vir elke dag wat jul nie in die regte parkeerplek geparkeer het nie.
Partytjies en funksies word nie toegelaat nie.
Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Harde musiek word nie toegelaat nie.
Geen plofstof, klappers, vuurwerke of items van soortgelyke aard mag te eniger tyd in eenhede of enige deel van die gemeenskaplike perseel ontplof, aangesteek of bedryf word nie.
Geen vuurwapens mag in 'n gedeelte of enige deel van die gemeenskaplike perseel afgevuur word nie, behalwe onder omstandighede van selfverdediging en verwante doeleindes wat dit kan regverdig.
Hou asb. by die reëls, enige ander klagtes sal daartoe lei dat boetes uitgereik word.
Gaste kan nie op 'n Sondag inklok nie.
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |