Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shutters on Hilltop

Selfsorg

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.6
Veiligheid
5.0
Leana C
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2023

Uitstekend, net soos by die huis, maar net 'n view! Baie baie dankie vir 'n heerlike tyd by Shutters on Hilltop. Dit het gevoel asof ons by ons eie huis is, want alles wat nodig is in 'n huis was daar en meer. Ek het 'n resensie gelees van 'n vorige kuiergas en dit het genoem oor die baie verskillende kuierareas, en dit is beslis so. Ongeag die brande het alles seepglad verloop. Ons was jammer dat ons weer moes gaan. Ons sal beslis weer daar bly as tyd ons toe laat. En bo-op alles was Julia 'n absolute engel en het ook 'n vriendin geword. Baie groete, die 3 Sussies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Pierre
Shutters on Hilltop
Dankie vir jou resensie, Leana. Ons is bly dat julle jul verblyf geniet het. Ons hoop om julle gou weer te sien. Beste wense vir 2024.

Margriet V
Kort verblyf
4.8
Mei 2023

Baie aangenaam en gesellige verblyf. Pragtige uitsig vanaf dek, waarop mens lekker kon kuier. Alles was skoon en netjies. Mooi uitgelêde tuin met talle fokuspunte. Julia was 'n baie vriendelike en hulpvaardige gasvrou. Kommunikasie met eienaar en gasvrou was vinnig en effektief.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Pierre
Shutters on Hilltop
Hi Margriet, dankie vir jou resensie. Ons is bly julle het julle tyd in Scarborough geniet. Ons sien uit om julle weer in die toekoms te kan ontvang. Groete, Pierre

June B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.6
Nov 2023

Mooi uitsigte, skoonmaak kan beter wees. Ons was 'n groep mense wat oor 'n naweek hier kom bly het. Ons het gevra of dit moontlik sou wees om vroeër in te klok, maar daar was gaste wat daardie dag uitgeklok het, so die skoonmaakdiens moes eers klaarmaak. Dit was heeltemal verstaanbaar en geen probleem nie. Die plekkie het pragtige uitsigte en baie plekke om te sit en ontspan, wat heerlik was. Ongelukkig was daar heelwat areas wat nie skoon genoeg was nie - vlekke op vaddoeke, kos aan 'n leerstoel se kant, vuil glase, koppies, kookpotte ens. Die tuin was ook glad nie netjies nie en paadjies vol takke wat dit moeilik gemaak het om die tuin te benut. Dit behoort ook genoem te word dat die houtvloere en ligging van slaapkamers onder die kombuis en leefarea baie steurend kan wees. Mens hoor elke geluid van bo in die slaapkamer areas. Die hoofpad deur Scarborough is ook reg onder die huis, so die verkeer is nogal steurend.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Pierre
Shutters on Hilltop
Dankie vir jou resensie en kommentaar, June. Ons gee baie aandag aan die skoonmaak en netheid van die huis. Ons neem kennis. Die uitleg en ontwerp van die tuin is gefokus op die inheemse natuur wat bevorderlik is vir voël, dier en insektelewe en ook help om water te bespaar. Die plankvloere dra grootliks by tot die karakter van die huis wat gewaardeer word deur al ons gaste. Scarborough is geleë aan weerskante van die pad Kaappunt toe. Daar is wel verkeer van tyd tot tyd en ja, daar kan nogal baie fietsryers wees wat partykeer nogal luidruchtig is.

Simon G
Kort verblyf Saam met vriende
3.8
Aug 2022

Voldoende. Shutters on Hilltop is a great venue. The house is very calm, and the setting makes it easy to relax. It does however lack in basic amenities. Was not fun finding no coffee in the tins Saturday morning. Empty can of olive oil next to nearly empty saltshaker and no hand wash in the bathrooms. I have stayed at many of the venues on the website that had made it not necessary to pack the whole kitchen for a weekend away. Maybe we were just spoiled previously.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Pierre
Shutters on Hilltop
Hi Simon, thanks for your review. We have taken note of the few items you mentioned and will address them. Hope to be able to host you again in the future. Regards Pierre

Izette S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2021

Pragtige, groot huis. Soveel areas in die woning om te geniet elke tyd van die dag. Lydia het ons so gaaf en vriendelik ontvang. Meer van Scarborough vertel. Dit is 'n moet sien 'conservation village'!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Pierre
Shutters on Hilltop
Baie dankie vir jou resensie, Izette. Ons is bly julle het julle besoek aan Scarborough geniet en ons hoop om julle gou weer terug te sien. Groete, Pierre

Jamielee A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2021

Absolutely beautiful. Julia was an absolute delight.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Pierre
Shutters on Hilltop
Jamielee, it is good to hear that you had an enjoyable stay at Shutters on Hilltop. We hope to host you again soon.

Robyn B
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Okt 2021

Beautiful, great location, lots of space. Fantastic house, the location is perfect and the house was big enough for 6 of us to feel spaced out. Julia was fantastic and very helpful. Great pool and outside area for entertaining. It was a 10/10 weekend.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Pierre
Shutters on Hilltop
Hu Robyn, thanks for your review. It was nice to host you and your party and we hope to see you again in the near future. Regards, Pierre.

Schalk E
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Des 2019

Ons het heerlik onspan terwyl die kinders hulself gate uit geniet het in die swembad. Die huis het 'n baie mooi uitsig oor die see en ons het die meeste tyd by die swembadarea spandeer. Die warmer water het dit moontlik gemaak dat ons dit saam met ons kinders kon geniet. Die huis is goed toegerus en al wat ons kortgekom het was seep in die badkamers. Die gasvrou was fantasties. Ons het die kuier baie geniet.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Pierre
Shutters on Hilltop
Hallo Schalk Baie dankie vir julle resensie. Ons is bly om te hoor dat julle julle verblyf geniet het. Ons hoop om julle weer te sien. Groete Pierre Hunter

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Pierre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R3 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R3 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hill Top-straat 7, Scarborough, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANc5yKJYGOqY6ZZpbbqe2MmybuYsl3qBCE2gaf2sdZARcS4iR61?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 250 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 7 Hill Top Street Scarborough 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.201274440803 18.381795249413

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang