Silverinn Guest Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Silverinn Gastehuis is in die dorpie, Vryheid geleë en bied gehalteverblyf. Dit is ideaal vir sakereisigers of vir 'n gesin wat 'n pasiënt besoek in die Abaqulusi Privaat Hospitaal, wat 450 meter vanaf die eenheid is.

Die woonstel is smaakvol ingerig, dit het 2 driekwartbeddens en 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Dit het 'n en suite-badkamer toegerus met 'n stort, toilet en wasbak.

Daar is 'n oopplan-kombuis met 'n yskas-vrieskas, vierplaat-stoof en oond, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Gaste word bederf met komplimentêre beskuit of muffins, vars gebak deur die eienaar.

Die leefarea het 'n plafonwaaier, gemaklike sitplek en 'n TV met OpenView-DStv. Gaste het ook toegang tot beperkte WiFi op aanvraag. Daar is 'n privaat braai-area en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerhek.

Die plek bied skoonmaakdienste op aanvraag en vars handdoeke word elke 5 dae voorsien vir langer verblyf.

Die water op die eiendom kom van 'n privaat boorgat wat heeltemal veilig is om te drink en is nie afhanklik van die munisipaliteit se watervoorsiening nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Silverinn Guest Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Silverinn Guest Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za