Simone's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Simone's Cottage is 'n knus selfsorgkothuis in die bekoorlike dorpie, Nieu-Bethesda. Dit is die ideale toevlugsoord vir paartjies wat opsoek is na 'n romantiese wegbreekkans. Nieu-Bethesda is minder as 60 km van Graaff-Reinet af met net 2 paaie wat in en uit die dorpie uit gaan.

Die kothuis het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die kombuis is toegerus met 'n stoof en 'n oond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe.

Die sitkamer het 'n kaggel vir die kouer winteraande. Simone's Cottage het 'n ruim tuin met 'n uitsig oor die omliggende berge langs die Gatsrivieroewer. Die dorp is binne stapafstand van die kothuis af.

Nieu-Bethesda lê aan die voet van die Compassberge. Hierdie dorpie het bekendheid verwerf toe die toneelskrywer, Athol Fugard, in die fliek "The Road to Mecca", Helen Martins se Uilhuis ten toon gestel het. Die Uilhuis is 'n uitstalling van Helen Martins se beelde van alle groottes en vorme. Dit is nou 'n bekende museum wat meer as 15 000 besoekers per jaar kry. Daar is 'n verskeidenheid kuns en kunsvlyt-sentrums in die dorp. Ander aantreklikhede sluit die NG Kerk, die leivoor-netwerk en die watermeul in. Begeleide toere word in 'n donkiekar aangebied.

Slaapplek

'n Bespreking by Simone's Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Simone's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false