Randburg Akkommodasie by Sionsrus | LekkeSlaap
+19
+19

Sionsrus

  • Vanaf R400 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lebombo-laan, Quellerina , Randburg, 1709, Gauteng
  • Geen kinders onder 13

Beskrywing

Sionsrus is 'n B&B in 'n stil en gegoede buurt op 'n koppie met 'n pragtige uitsig. Dit bied bekostigbare gehalteverblyf aan gaste.

Die leefarea is ruim met 'n groot balkon waar gaste kan ontspan. Daar is 'n ingeboude braai waarvan gaste gebruik kan maak.

Dié B&B is stylvol gemeubileer, het 'n stil, warm en rustige atmosfeer en bied 2 verblyfopsies, die Luukse En suite-kamer en die Sakpaskamer.

Die Luukse En suite-kamer is stylvol versier en het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens met duursame katoenlinne. Die kamer het 'n groot en suite-badkamer met 'n stort, dubbelwasbak, toilet en 'n groot hoekbad. Die kamer is op die boonste verdieping en het 'n privaat balkon waar die sonsondergang bewonder kan word. Die kamer het ook 'n haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Sakpaskamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n groot hoekbad asook 'n stort-oor-bad wat met die eienares gedeel word. Ander geriewe sluit 'n privaat balkon en haardroër in.

Gratis WiFi is beskikbaar en ontbyt is ingesluit.

Veilige parkeerplek word voorsien.

Die perseel is naby die winkelsentrums Cresta en Clearwater, die Coca-Cola Dome, en het ook maklike toegang tot die N1-snelweg. MTN, Flora Hospitaal, die Mayo Mediese Sentrum en Unisa is naby.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir Sionsrus
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Lebombo-laan, Quellerina , Randburg, 1709, Gauteng
  • Gaste dink Sionsrus het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lebombo-laan, Quellerina , Randburg, 1709, Gauteng
  • Geen kinders onder 13
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA61c62394656532889bbb416207a944337df266f1b08bf4dc7eb85054566151586177d9854e99a32324bd27b1a3bbeeddaca7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R400  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 Lebombo Avenue Quellerina 1709 Gauteng 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -26.156028890515 27.938044986439
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za