Sit-en-kyk

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Sit-en-kyk is 'n pragtige, ten volle gemeubileerde strandhuis in Voëlklip, Hermanus wat verblyf van goeie gehalte in dié gewilde gesinsvakansiedorp bied. Die huis is sowat 'n uur se ry van Kaapstad af en is 'n stil straat met maklike toegang tot stap- en bergfietsroetes geleë. Dit is omtrent 6 km vanaf Hermanus se middedorp met sy verskeie restaurante, winkels en doendinge.

Die huis het 5 slaapkamers, 4 badkamers en 2 aparte gastetoilette. Die hoofslaapkamer en 3 van die ander slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 5 enkelbeddens.

Die ingang na die huis is op die eerste verdieping waar daar 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer, sitkamer en voorste en agterste kuierstoepe is. Die sitkamer het gemaklike banke en 'n TV met DStv. Die hoofslaapkamer is ook op dié verdieping en het 'n en suite-badkamer. Dit is ideaal vir gaste wat nie trappe kan klim nie.

Die voorstoep bied 'n uitsig van meer as 180º oor Walkerbaai. Oorgenoeg parkeerplek vir 3 tot 4 voertuie word op die perseel voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Sit-en-kyk sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 5 persone
5 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sit-en-kyk gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 400 R3 520 per nag (vir 13 mense)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false