LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Slowveld Stay | LekkeSlaap
+18

Slowveld Stay

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Hierdie blyblek is nie op die oomblik beskikbaar nie. Probeer asseblief weer.

Beskrywing

Slowveld Stay bied gerieflike en ten volle ingerigte verblyf in 'n sekuriteitskompleks 5 minute vanaf die Malelane-hek na die Krugerwildtuin. Die Malelane-streek is bekend vir suikerriet en toerisme en dit bied 'n rustige vakansie-atmosfeer vir besoekers. Die tuinwoonstel is in die modieuse Mhlatikop, 'n unieke buurt naby die Malelane-dorpie.

Die tuinwoonstel is geskik vir 4 gaste en is op die eienaar se perseel. Dis apart van die huis, stil en privaat. Die slaapkamer het 4 enkelbeddens. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die woonstel het ook sy eie privaat ingang.

Die kombuisie het basiese selfsorggeriewe soos 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die stoep word omring deur 'n ingeslote tuintjie waar gaste kan ontspan. Geniet die plaaslike voëlspesies se gesing en die roep van die uile en nagapies snags.

Die verblyf is ideaal vir sakereisigers wat op soek is na privaat selfsorgverblyf naby RCL Malelane en vir vakansiegangers wat die Krugerwildtuin wat 2 km van hier af is wil besoek. Swaziland is 45 km weg, Mosambiek is 60 km weg en Barberton is 70 km weg.

Gaste kan ook gaan voetslaan of draf in die veilige buurt en daar is doendinge soos fietsroetes en baie suikerrietplase in die omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Slowveld Stay sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 14 resensies vir Slowveld Stay
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Slowveld Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Hierdie blyblek is nie op die oomblik beskikbaar nie. Probeer asseblief weer.
Hierdie blyblek is nie op die oomblik beskikbaar nie. Probeer asseblief weer.
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a6060884345a9ef2dc00ed7d975fc928684c1bc9ef7f86146c006324c1a8951ac17d33491683206103778bebc3c18310a7d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format
Hierdie blyblek is nie op die oomblik beskikbaar nie. Probeer asseblief weer.
14 5 1 5 110 Selati Crescent Mhlatikop 1320 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.470949621925 31.551613064171
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!