Small Bay Beach Suites

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Small Bay Beach Suites bied 2 moderne suites met asemrowende uitsigte oor Tafelberg, Robbeneiland en Tafelbaai. Dit is in die hartjie van Bloubergstrand, 100 m van die Small bay-strand, restaurante en alle geriewe af.

Dié ateljeewoonstelle bied elk slaapplek aan 2 gaste en het ’n koningingrootte-bed met ’n en suite-badkamer wat ’n stort, toilet en wasbak het.

Elke woonstel het ’n kombuis met ’n elektriese braaipan. enkelplaat-induksiestoof, yskas, mikrogolfoond, broodrooster, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n slim-TV met Netflix en gratis WiFi.

Daar is stapeldeure wat na ’n balkon lei met panoramiese uitsigte.

Gaste kan langs die strand na Big Bay loop en die vlieërbranderryers besigtig of eet by een van die restaurante op die strand, soos Ons Huisie Restaurant wat die oudste restaurant is en dateer terug na 1853.

Bloubergstrand is ’n poort waardeur die Weskus verken kan word. Kaapstad se middestad en die Victoria and Alfred Waterfront is net 20 km van die verblyf af en kan maklik bereik word met die MyCiti-busse wat gaste reg voor die verblyf optel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Small Bay Beach Suites gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false