Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sneeukop Mountain Cottage

Sneeukop Mountain Kothuis
Vanaf R1 750
R1 750 R1 575
per eenheid
  • Plek vir 2 mense
  • Alleenstaande Eenheid
  • Koningingrootte-bed
  • Lees meer
Beskrywing

Sneeukop Mountain Cottage is bo die wingerde op 'n werkende plaas in Paarl geleë en bied 'n 360 grade-uitsig op die berg en oor die fynbosomgewing. Die eienaar woon ook op die perseel, maar die verblyf het 'n aparte ingang wat privaatheid verseker. Dié verblyf bied slaapplek aan 2 gaste en is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk, aangesien daar sonkrag en gas is. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, vierplaatgasstoof, basiese eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die aangrensende sitarea het 'n gemaklike rusbank. Die sitarea en slaapkamer se glasdeure lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai-area. Die stoep bied 'n uitsig op Paarlberg en Tafelberg in die verte. Veilige parkeerplek is agter 'n elektriese heining en afstandbeheerde hek op die perseel beskikbaar. Die verblyf is ook naby verskeie winkelsentrums, wynplase en restaurante.

Die eenheid/kamer het
Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Badkamer
  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
Kamergeriewe
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
Elektriese Toebehore
  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Die pad na die kothuis is 'n grondpad en is vir klein en groot voertuie geskik, maar nie vir voertuie met laeprofielbande nie.

Die hek moet ten alle tye toe wees. Gaste moet wag totdat die hek toe is voordat hulle ry.

Die verblyf is baie naby aan die berg en dus ook verskeie wild se natuurlike habitat. Gaste moet asb. die wild en plante op die plaas respekteer. Alhoewel die bobbejane oor die algemeen sku is, moet gaste nie na die bobbejane gaan of hulle voer nie.

Troeteldiere word nie toegelaat nie aangesien die eienaar self 2 honde het.

Geen kinders onder 12 jaar word toegelaat nie. Gaste kan navraag doen oor die toelating van babas.

Geen partytjies, funksies of ekstra kuiergaste word toegelaat nie.

Geen vuurwerke word toegelaat nie.

Gaste moet self die skottelgoed was en indien daar vuil skottelgoed agtergelaat word, sal 'n addisionele skoonmaakfooi, volgens die eienaar se diskresie bepaal, gehef word.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf R1 750
R1 750 R1 575
per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lustigan-weg, Sneeukop Plaas, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd9ef009cfa0d5cb579be3c26117c899597934496d72cbf13283f89e9f515f60ac03dc661fffa0b106a9605b8bd084d834a76?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 750 nouVanaf R1 575 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 Lustigan Road Sneeukop Farm 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.760019662433 19.019782223323
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem