LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sodwana View Holiday Homes | LekkeSlaap
+23

Sodwana View Holiday Homes

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Qongwana Area, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Sodwana View Holiday Homes is net 6,8 km van die strand af. Indien jy rus en vrede nodig het om af te skakel, sal jy definitief hier tuis voel! Hier kan jy lekker in die sitkamer ontspan en uitkyk oor die Ngoboseleni-meer, valleie en see in die agtergrond. Dis ver van die gedruis van ander vakansiegangers af, so as jy iemand is wat van massas mense om jou hou, sal jy dalk bietjie alleen kan raak hier. Ons is wel troeteldiervriendelik, so Wagter sal jou darem geselskap kan hou.

Verblyf word aangebied in 3 eenhede met 2 slaapkamers en slaapplek vir 4 - 6 gaste elk, en 1 tuinwoonstel met slaapplek vir 3. Ongelukkig het die woonstel geen uitsig nie. Die huise is baie ruim en ekstra beddegoed kan voorsien word indien nodig, maar onthou asseblief om jou eie handdoeke saam te bring. Elkeen van die 3 eenhede het sy eie braaigeriewe en word daagliks skoongemaak. Ys en hout is op die perseel beskikbaar.

Ons het geriewe beskikbaar vir wasgoed, visskoonmaak, afspoel van duiktoerusting, was van bote en pompwiele. Vir die veiligheid van ons besoekers het ons 'n elektriese heining reg rondom die perseel geïnstalleer en daar is 'n sekuriteitswag aan diens in die nag. Dus kan gaste rustig slaap saans en in die dag deelneem aan die talle doendinge in die omgewing insluitend watersport, vierwielmotorfietsritte, mikroligte-vliegtuigvlugte en staproetes, drafroetes en bergfietsroetes.

Let asseblief daarop dat die hoofweg deur Sodwana tot by die strand geteer is. Ons is 2 km van die teer af, en alhoewel dit met enige tipe voertuig gery kan word, word sedans met 'n lae grondvryhoogte nie aanbeveel nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 28 resensies vir Sodwana View Holiday Homes
Netheid
4.1/5
Diens
4.2/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Qongwana Area, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Sodwana View Holiday Homes het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Qongwana Area, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyYTg1ZjAyLWJkMjQtNDdlNy1hYjJhLTcyNmZjMWJjYjM4Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 28 5 1 5 Qongwana Area Sodwana Bay 3974 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-00:00 10:00 -27.52554970272 32.642272531812
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!