Soetwaters Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Soetwaters Gastehuis is in Donkerhoek geleë en het 4 luukse gastekamers en 'n knus klipkothuisie aan die voet van 'n kliprandjie in die ooste van Pretoria.

Elke gastekamer het 'n klein, privaat patio en ingang, koninggrootte-beddens of enkelbeddens, gratis WiFi, internet TV met Netflix en is semi-selfsorg met 'n koffiestasie, eetgerei, yskassie en 'n mikrogolfoond.

Die selfsorghuis het 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Dié slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en alle nodige toebehore om maaltye mee voor te berei. Die verblyf is selfsorg, maar 'n Kontinentale ontbyt is op versoek beskikbaar. Daar is ook 'n heerlike sitkamer met 'n TV en DStv waar gaste kan ontspan.

Die Kothuis is deeglik omhein, jou troeteldiere is dus welkom om saam te kom kuier en perde-eienaars kan selfs hul perde saambring, als op voorwaarde dat dit vooraf gereël word wanneer jy bespreek.

Let asb. daarop dat rook verbode is by Soetwaters Gastehuis.

Soetwaters Gastehuis is langsaan die natuurreservaat en indien gaste gelukkig is, sal hulle wild naby die heining kan gewaar. Die kothuis is naby verskeie trou-venues soos Galagos, Diamond Hill, Mooiplaatsie, Casa Lee, The Rustic Rose, Die Akker en Rosemary Hill.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Soetwaters Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]