LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Soli deo Gloria | LekkeSlaap
+65

Soli deo Gloria

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Schoonerklipstraat 12 , Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Soli deo Gloria is in Paternoster, een van die oudste visserdorpies aan die Weskus en 145 km noord vanaf Kaapstad. Die area bied verskeie doendinge, soos walvis-, dolfyn-, rob-, pikkewyn- en voëlkyk, kajakvaart, vlieërplankry, snorkel, skubaduik en voetslaan. Dit is die ideale bestemming om weg te breek vanaf die stadslewe.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede, naamlik Soli deo Gloria Eenheid 1 en Soli deo Gloria Eenheid 2 met slaapplek vir 8 gaste. Die eerste eenheid is op die pragtige hoofstrand in Paternoster. Die eenheid is rolstoelvriendelik en beskik oor 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het 'n oopplan-sitarea en 'n kombuis. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, gas- en elektriese stoof, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het ook lugversorging, 'n kluis, haardroër, gemeenskaplike wasgeriewe en binnebraaigeriewe.

Die tweede eenheid bied selfsorgverblyf aan 2 gaste met ononderbroke see-uitsigte vanaf die slaapkamer, sitkamer, eetkamertafel en kombuis. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas en oond. Die waskamer het 'n wasmasjien en tuimeldroër. Daar is ook 'n binnebraai-area, lugversorging en 'n platskerm-TV met die gastehuispakket en kykNET. Gratis WiFi en parkeerplek op die perseel is beskikbaar. 'n Aankomspakkie met 'n vadoek, skottelgoedwasseep, koffie, tee, rooibos, suiker, melk, sjampoe, lyfwasseep, room, seep en vuurmaakhout word voorsien. Swem- en badhanddoeke word voorsien, asook japonne.

Ongelukkig is rook verbode binne die huis en troeteldiere word nie toegelaat nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 30 resensies vir Soli deo Gloria
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Schoonerklipstraat 12 , Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Soli deo Gloria het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Schoonerklipstraat 12 , Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFlYmU1YTI4LWEzMmYtNDIyMy1hZjE4LTczZDg0MDVlOTgzMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 100  per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 12 Schoonerklip Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -32.805042 17.897932
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!