LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+37
Selfsorg in Bothastrand

Son op die Water



6 gaste

4 slaapkamers

4 beddens

3 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Kloofontwikkeling 24, Dwarswegstrand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Son op Water is 'n bekoorlike strandhuis in Dwarswegstrand, naby Groot-Brakrivier en Mosselbaai. Dié dubbelverdiepinghuis is in 'n baie veilige privaat-oord geleë. Mense wat hier aanklop is mal oor die asemrowende uitsig oor die oseaan en die feit dat dit net 200 m van die strand af is.

Die huis bied slaapplek vir 6 mense en daar is 4 slaapkamers. Drie van die slaapkamers is op die eerste vloer en die ander een is op die grondvloer. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei en breekware op die eerste vloer. Daar is 2,5 badkamers in totaal.

Groot-Brakrivier is halfpad tussen George en Mosselbaai geleë en dis bekend as 'n lieflike, rustige omgewing. Uitgestrekte panoramiese uitsigte komplementeer die uitstaande eienskappe van hierdie Suid-Kaapse juweel. Die pragtige, ongerepte strande en die strandmeer bied hope geleenthede vir lekker swem en sonbaai. Die suidelike noordkapperwalvis en ander walvisse kom gereeld van Mei tot November in die omgewing voor en dit is een van die dorp se hoofbesienswaardighede. Benewens die ander strandhuise is daar ook 'n kiosk en 'n karavaanpark in die oord.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai
Wasgoeddiens
Boeke en leesstof
Fietsry
Visvang
Wildritte

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Bad, Stort, Toilet


Resensies

5/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Norma W
Saam met lewensmaat
5.0
Onverbeterlik. Ons het vreeslik lekker gebly. Ongelooflike mooi area, baie veilig. Verblyf self is als wat mens nodig het en meer.
Okt 2026
Sanet B
Saam met vriende
5.0
Ek was so verras. Pragtige eenheid. Als wat jy nodig het, met die see en natuur. Dit was in een woord 'n onverwagte juweel. Daar kom jy huistoe. Bedag...
Sien meer
Okt 2026
Walter K
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker wintervakansie by die see. Sien sterre.
Jul 2026
Paul S
5.0
Veilige en ontspanne verblyf en die konstante klank van die see. Son op die Water is 'n pragtige, goed toegeruste standhuis binne 'n veilige gebied. D...
Sien meer
Mei 2026
Erika S
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi uitsig en rustige omgewing. Ons het baie lekker gebly. Die huis is goed toegerus en die gasheer was baie behulpsaam.
Mrt 2026

5/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Norma W
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2026

Onverbeterlik. Ons het vreeslik lekker gebly. Ongelooflike mooi area, baie veilig. Verblyf self is als wat mens nodig het en meer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
André
Son op die Water
Baie dankie julle vir die terugvoer op julle verblyf by Son op die Water. Ons waardeer dit baie en dit is altyd verblydend as gaste die verblyf en die omgewing geniet het. Dit was só lekker om julle te kon ontmoet.

Sanet B
Lang verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Okt 2026

Ek was so verras. Pragtige eenheid. Als wat jy nodig het, met die see en natuur. Dit was in een woord 'n onverwagte juweel. Daar kom jy huistoe. Bedagsame gasheer. Rus vir jou siel en veilig daarby. Ons het dolfyne gesien en walvisse. Bonus!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
André
Son op die Water
Baie dankie vir die positiewe terugvoer oor Son op die Water. Ons waardeer dit opreg. Ons is baie dankbaar en bly dat julle die verblyf geniet het. Dit was só lekker om julle te kon ontmoet. Mooi bly.

Walter K
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2026

Lekker wintervakansie by die see. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
André
Son op die Water
Walter, ons waardeer die positiewe terugvoer ontsettend baie. Dit is altyd lekker om te hoor dat gaste die tydjie by Son op die Water geniet het. Dit was so 'n voorreg om julle te kon ontmoet.

Paul S
Lang verblyf
5.0
Mei 2026

Veilige en ontspanne verblyf en die konstante klank van die see. Son op die Water is 'n pragtige, goed toegeruste standhuis binne 'n veilige gebied. Die huis is naby die see en sy ligging maak dit maklik om ewe vinnig by Mosselbaai en George uit te kom. Die huis was netjies en skoon. Die gasheer het my verblyf aangenaam gemaak. Ek kan die huis sterk aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Lang verblyf ⋅ Gesin met tieners
5.0
Apr 2026

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Erika S
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2026

Mooi uitsig en rustige omgewing. Ons het baie lekker gebly. Die huis is goed toegerus en die gasheer was baie behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Helena V
Lang verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Okt 2025

Ontspanne, tustig en lekker stil. Baie netjies, goed toegerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
André
Son op die Water
Helena, dit was só aangenaam om julle te kon ontmoet. Ons is baie bly dat julle die tydjie by Son op die Water geniet het. Baie dankie vir julle positiewe terugvoer. Vriendelike groete.

Sharlé V
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2025

Veiligheid is baie goed, vreeslik mooi uitsig, baie huislik. Ons het baie lekker gebly by Son op die Water. Baie veilig! Verskriklike mooi uitsig, bos en see. Die eenheid is baie netjies en mooi uiteengesit met alles wat jy nodig het. André is 'n baie goeie gasheer en altyd net 'n oproep weg as jy enigiets nodig het, ons sal definitief weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tanya R
Kort verblyf
5.0
Mrt 2025

Naby aan die strand, lekker, rustig. Lekker, rustige verblyf. Mens kan die see sien, hoor en dit is binne loopafstand. Die huis is goed toegerus en skoon. Die gasheer is baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johann V
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Lekker gekuier, gasheer baie behulpsaam en vriendelik. Baie rustige omgewing, gelukkig min blaffende honde wat die rus gewoonlik versteur by plekke. Die weer was ons ook goedgesind, plek skoon en netjies en met alle toerusting wat benodig word vir selfsorg.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0


Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

André Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 10 jaar


Ligging

Gaste dink Son op die Water het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 14:00 en 19:00
Uitklok Voor 10:00
Selfsorg.

Beddegoed, handdoeke en DStv Premium word voorsien.

Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R2 400
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag, vir 6 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R2 400
per nag, vir 6 mense
Bespreek

Kloofontwikkeling 24, Dwarswegstrand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc49eb7656c1e551969cf8f8806501a759147c0b052554d166276666ee4465c509dbc9d77ed86b98f562ca217430231724f6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense 37 5 1 5 Kloofontwikkeling 24 Dwarswegstrand 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.050399784433 22.276914775421
Soek in 'n groter streek