SonnenMeer
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 11 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Alice-weg 161, Cannon Rocks, 6186, Oos-Kaap
-
Vanaf
R2 800R2 240 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
SonnenMeer bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n privaat woonstel op die boonste verdieping van 'n woonperseel waar die eienaars ook bly. Die perseel is reg op die strandfront in Cannon Rocks en bied 'n baie mooi uitsig oor die see en die strand.
Die woonstel is ideaal vir 1 of 2 volwasse paartjies en beskik oor twee ruim slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die eerste en suite-badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet, en die tweede en suite-badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet.
Elke slaapkamer het groot skuifdeure wat lei na 'n balkon wat 'n pragtige uitsig oor die see en strand bied.
Verder het die woonstel 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is met graniettoonbanke en selfsorggeriewe soos 'n yskas-vrieskas, gas- en elektriese stoof en -oond, 'n mikrogolf, Nespresso-koffiemasjien, asook 'n wasmasjien-tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser toegerus.
Die leefarea het 'n LED-TV met Netflix, Showmax, YouTube en sekere DStv-kanale en lei na 'n ruim stoep met sonstoele waar gaste in privaatheid kan sonbaai. Dan is daar ook 'n braaikamer op die stoep wat met glas toegebou is en 'n perfekte uitsig oor die see bied, ongeag die weersomstandighede.
Die eenheid bied 'n op-die-strand-leefstyl met geen paaie of oop areas wat jy hoef oor te steek om by Cannon Rocks se Nautilus-strand uit te kom nie. Kom geniet die uitsig oor die Indiese Oseaan en die byna oneindigende, ongerepte kuslyn langs die Woody Cape Natuurreservaat.
Die woonstel gebruik sonkrag en Eskom-beurtkrag sal dus nie 'n probleem wees nie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Kluis
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
5/5
Erik Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 12
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Alice-weg 161, Cannon Rocks, 6186, Oos-Kaap
- Gaste dink SonnenMeer het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Cannon Rocks Boknesstrand Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Alice-weg 161, Cannon Rocks, 6186, Oos-Kaap