+27

Sonskyn

Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Belloy Street, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sonskyn is reg op die strand in Blouberg geleë en is al vir vyf generasies in dieselfde familie se sorg. Dié huis is in 1895 gebou. Kom geniet die klank van die golwe wat teen die rotse reg voor die huis breek, begin jou dag met 'n koppie filterkoffie, terwyl jy die lieflike uitsig oor die Atlantiese Oseaan en van Tafelberg in die verte geniet.

Verblyf is beskikbaar in 1 standaardkamer en 2 kamers wat na die seefront kyk. Die standaardkamer het 'n en suite-badkamer. Elkeen van die seekantkamers het ’n en suite-badkamer. Die onderste een is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed, en die boonste een het 'n koninggrootte-bed, asook 2 enkelbeddens. Die gastehuis bied gratis WiFi, sekere DStv-kanale en veilige parkeerplek.

Kom ervaar skouspelagtige sonsondergange uit die gemaklike sitarea, terwyl jy 'n glasie sjerrie geniet. Wandel langs die strandpaadjie deur die ou dorp verby 3 bekende restaurante, waarvan die een, Ons Huisie, 'n tradisionele Weskus-visserhuisie en ook ’n nasionale monument is. Ander doendinge in die omtrek sluit vlieërbranderry, seilplankry en swem by Big Bay se strand in, en gholfspelers het 'n keuse van 2 bekende gholfbane, Atlantic Beach en Milnerton se gholfklub wat sowat 10 minute se ry ver is. Die Canal Walk-winkelsentrum is ook net 10 minute se ry van Sonskyn af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Werner K
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic place, and a wonderful host! Sonskyn is situated very conveniently central to pretty much everything in Blouberg. The proximi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2025
Heléne D
Saam met vriende
5.0
Ons is so vriendelik ontvang, versorg en bederf. Dit was so positief. Christina is 'n ongelooflike gasvrou. Sy maak die ervaring baie positief.
Aug 2025
Quentin S
5.0
Amazing, amazing, amazing. Absolutely amazing! By far the best view of Table Mountain and the art collection is incredible. Very warm h...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Reino B
5.0
Baie lekker gebly, dankie. Sien sterre.
Jun 2025
Jolanda D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasies sal dit beslis vir almal aanbeveel. Beste plek, goed geleë, eienaar en personeel bitter vriendelik, voel soos huis. Baie dankie vir lekker k...
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Christina Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 57

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 2 Belloy Street, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sonskyn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Belloy Street, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd77e3dd9a66738f62135e5d9e8e38962ee4427ad4b4359836cbe419691fd38f3c263a5f4e7cff2545d3b625b8d6a0a3f044e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 52 5 1 5 2 Belloy Street Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.804080117829 18.462407217791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang