Bellville Akkommodasie by Sontyger Guesthouse | LekkeSlaap
+21

Sontyger Guesthouse

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Begoniaweg 2, Ridgeworth, Bellville, 7535, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R870 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Sontyger Guesthouse is sentraal geleë in die noordelike voorstede van Kaapstad met maklike toegang tot die N1. Die gastehuis is stapafstand van die Tygervallei Winkelsentrum, Bellville Velodrome en Virgin Active Gimnasium af geleë. Dis minder as 30 minute van 'n paar van die Wes-Kaap se top-besienswaardighede af. Dit sluit Tafelberg, V&A Waterfront, Wynlande en strande in. Verder is dit net 16 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af. Verskeie gholfbane, restaurante en besighede in die Tyger Waterfront, Edwardstraat en Bellville is ook naby.

Ons bied gerieflike verblyf en veilige parkeerplek. Die tariewe is billik en ons diens is uitstekend. Die 5 en suite-dubbelkamers, 1 dubbelkamer met 'n privaat badkamer en 1 gesinskamer is almal uniek ingerig. Al ons kamers beskik oor gasvryheidskinkborde, DStv, yskassies, lugversorging en gratis WiFi. Ekstra dienste sluit 'n pendel- en wasgoeddiens in en aandete op versoek.

Buiten dit het ons ook 4 selfsorg-eenhede. Een van die eenhede is 'n baie ruim kamer met slaapplek vir 'n gesin van 5.

Gaste word vriende by hierdie tuiste weg van die huis. Die smullekker ontbyt elke oggend is perfek vir sakereisigers en gesinne. In die middae kan gaste ontspan by die houthuis/braaikamer of in die swembadjie afkoel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 31 resensies vir Sontyger Guesthouse
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Begoniaweg 2, Ridgeworth, Bellville, 7535, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sontyger Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R870
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R870
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Begoniaweg 2, Ridgeworth, Bellville, 7535, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAxNTcyODc5LTU2YjYtNDM3Ni04OGE0LTM2NTY0NDRkZmNjYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R870  per nag (vir 2 persone) 31 5 1 5 2 Begonia Way Ridgeworth 7535 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.875458239005 18.638141557672
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za