Sorbonne Luxury Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sorbonne Luxury Apartments is in Franschhoek geleë en beskik oor 2 elegante selfsorgwoonstelle met slaapplek vir 4 gaste in elke woonstel. Franschhoek is een van Suid-Afrika se mees gewilde wynproe- en kookkuns-bestemmings. Dit is omring deur berge en sowat 80 km vanaf Kaapstad.

Elke woonstel is smaakvol en luuks versier en het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers, 'n sitkamer, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n motorhuis. Die ligging bied privaatheid, stilte en berg-uitsigte en tog is dit net 'n paar strate van bekroonde restaurante, kunsgalerye, boetieks en winkels af.

Sorbonne word omring deur 'n sekuriteitsmuur en elektriese hek. Gaste kan gerus van die motorhuise of parkeerplekke op die perseel gebruik maak. Kom kuier by Sorbonne as jy op soek is na 'n rustige wegbreek, 'n leesvakansie of 'n sentrale basis vanwaar jy die omliggende wynlande, historiese plekke en natuurreservate kan verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Sorbonne Luxury Apartments sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sorbonne Luxury Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 840 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za