Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

South 2 Sea Gonubie

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13de Laan 88, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hierdie tweeslaapkamerkothuis is ingerig vir selfsorg en het 'n lieflike oopplan-uitleg. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n dagbed wat in 2 enkelbeddens vir kinders omskep kan word in die sitkamer-area. Jy het jou eie parkeerplek op die perseel. Daar is 'n wonderlike onderdakbraaiplek. DStv is beskikbaar.

Die Klassieke kamer het 'n koningingrootte-bed, 'n volledige badkamer en 'n onderdakstoep. Dit het ook 'n kombuisie in die hoek met 'n yskassie, mikrogolfoond en 'n opwasbak. Dis heeltemal selfsorg en daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig.

Die Starlight-kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dis semi-selfsorg en het 'n kombuisie met 'n yskassie en 'n mikrogolfoond. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is beskikbaar en die kamer het nie 'n stoep nie.

Die Cosmopolitan het 2 enkelbeddens wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die kombuisie het 'n mikrogolf, ketel, yskassie, lugbraaier en 'n privaat badkamer op versoek.

Gaste is welkom om my te kontak as hulle enige navrae het. Ek bly op die perseel en sal albei partye help as daar enige vrae is. Dit is 'n stil woonbuurt. Ons is stapafstand (sowat 1,5 km) van die rotse af. Daar is nie 'n swemstrand by die rotse nie, maar mens kan daar visvang. Die swemstrand is sowat 4 km van South 2 Sea Gonubie af. Ons beveel aan dat jy 'n motor huur of met jou eie motor arriveer.

Alles is baie maklik as mens 'n motor het in Gonubie. Ons het kruidenierswinkels, slagters en klerewinkels. Oos-Londen is ook net 20 minute van ons af. As dit reën is dit lekker om 'n fliek te gaan kyk in Hemmingways Winkelsentrum en om bietjie "window shopping" te doen. Ons het ook lekker avonture vir die jongspan: die leeupark is sowat 20 km van ons af op die Stutt-pad en net entjie verder is daar ook 'n slangpark. Daar is ook wildplase in die omgewing (sowat 40 km van ons af) - onderneem gerus 'n wildrit. Ons het een van die beste plaasmarkte in Suid-Afrika, die Lavender Blue Market - jy moet definitief 'n draai maak daar om die bekende donker/mediumgeroosterde cappuccino's en suurlemoenskuimtert te proe.

Ons verwag van ons gaste om respek te hê vir ons en ons bure. Ons sal ook nie oormatige alkoholgebruik op die perseel duld nie, en enige breekskade wat toegeskryf kan word aan nalatigheid sal deur die gaste vervang moet word.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 38 resensies vir South 2 Sea Gonubie
Netheid
4.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Chad Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Jaar gelys 1

Ligging

  • 13de Laan 88, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Gaste dink South 2 Sea Gonubie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13de Laan 88, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA999a1df4662f78a3312124eccbf066fd812854436c242c0aefbf825f400649db5d0a147a8d5a60e7bd0a5160db17445283dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 88 13th Avenue East London 5257 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.947045682234 28.009965775463
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem