- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Elginvallei-pad 113, Elgin, Grabouw, 7180, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 339 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
South Hill Vineyards & Guest House is aan die suidoostelike kant van die Elgin-vallei geleë, sowat 7,5 km vanaf die N2 langs die Valleipad. Dié instansie is enig in sy soort en bied reg deur die jaar 'n ontspanne opset. Gaste kan goeie wyn, voortreflike disse en 'n heerlike atmosfeer hier geniet.
Luukse verblyf word in die gastehuis of die Pumphouse-kothuis aangebied. Die gastehuis het 6 slaapkamers wat 4 standaard en suite-kamers en 2 suites insluit. Elke kamer het 'n haardroër, koffie- en teemaakgeriewe, WiFi, 'n privaat en suite-badkamer en toiletware.
Die Pumphouse-kothuis is ingerig vir selfsorg en spog met 'n uitsig oor die wingerd en op die berg. Dit beskik oor 'n privaat binnehof met 'n Jacuzzi en braaigeriewe. Verder het die kothuis toegang tot 'n privaat jetty met 'n uitsig oor die plaasdam, en binne is daar 'n houtstofie wat as kaggel dien.
Die gastehuis kan eksklusief as 1 eenheid op 'n selfsorgbasis bespreek word, of die kamers kan afsonderlik op 'n B&B-basis bespreek word. Ontbyt word by die restaurant op die perseel bedien. Die gastehuis het 'n oopplan-leefarea en -kombuis met 'n uitsig oor die swembad, grasperk en wingerd. Buite is daar 'n braai-area, pizza-oond en etenstafel vanwaar gaste die pragtige sonsondergang kan dophou.
South Hill Vineyards & Guest House is in 'n wynstreek geleë en die meeste van die wynplase is 6 dae per week oop vir wynproe. Avoturiers kan op die plaasdam roei of deur die South Hill-wingerd gaan wandel. Gaste moet net hul eie kajakke of staanroeiborde saambring.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Elginvallei-pad 113, Elgin, Grabouw, 7180, Wes-Kaap
- Gaste dink South Hill Vineyards & Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Elginvallei-pad 113, Elgin, Grabouw, 7180, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom