Spring Valley
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 23 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kruisfonteinpad, 6 km vanaf Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Spring Valley plaas is 4 km vanaf Dullstroom Mpumalanga op die Kruisfonteinpad na Highland. Die plaas spog met eksklusiewe vlieghengel op 3 damme vol forel. Toeteldiere word op versoek toegelaat.
Verblyf word in 2 eenhede, naamlik Spring Valley Retreat en die Serengeti-houthuis, gebied. Spring Valley Retreat bied verblyf aan 15 gaste en beskik oor 5 slaapkamers. Elke slaapkamer het ’n koningingrootte-bed, ’n enkelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en stort. Elke slaapkamer het ook ’n privaat dek. Ander geriewe in die kamers sluit ’n ten volle toegeruste kombuis, sitarea, eetarea, kaggel en tee- en koffiemaakgeriewe in. Die eenheid het ook ’n dek, braai-area en ’n privaat ingang met uitsigte oor die tuin en water op die plaas.
Serengeti bied verblyf aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapareas het elk 2 driekwartbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die derde en vierde slaapareas het ook elk 2 driekwartbeddens en maak gebruik van ’n aparte badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.
Ander geriewe in die kamer sluit 'n kombuis met 'n stoof, oond, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n sitarea, eetarea en kaggel in. Die eenheid het ook sy eie privaat ingang. Daar is glasvensters en uitsigte oor die heuwels van Dullstroom.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel en gaste kan op die perseel kunsvlieghengel, forelhengel, kano, roeiboot en stap tot by die Krokodilrivier.
Aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing sluit perdry, visvang, voëlkyk, fietsry, forelhengel, wynproe en bergfietsry in.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Jane' Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 28
Jaar gelys 8
Ligging
- Kruisfonteinpad, 6 km vanaf Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Spring Valley het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 23 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kruisfonteinpad, 6 km vanaf Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom