Spruitjie-roer-my-nie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Spruitjie-Roer-My-Nie is 'n gerieflike, baie ruim 80 vierkante meter woonstel met slaapplek vir 4 gaste in Potchefstroom.

Dié eenheid is op die hoofhuis se perseel en het 'n privaat ingang. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die sitkamer het 'n rusbank wat in 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed omskep kan word.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe, en daar is 'n leefarea met vol DStv-pakket asook Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Veilige onderdakparkeerplek met beligting is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Mooirivier Sekuriteit is oorkant die woonstel.

Braai area is beskikbaar onder Lapa om heerlik saam familie/vriende en kinders te kuier.

Spruitjie-Roer-My-Nie is 400 m vanaf Mooimed Hospitaal, 1.9 m vanaf Medi Clinic Hospitaal, 800 m vanaf Senwes Park, 1,7 km vanaf Noordwes-Universiteit, 850 m vanaf NWU-sportgronde, 500 m vanaf Spar, 500 m vanaf The Broken Pot Restaurant, 500 m vanaf Laerskool Mooirivier, 1.2 km vanaf Hoërskool Gimnasium, 950 m vanaf die Aardklop-gronde, 3 km vanaf die Mooirivier Mall.
Potchefstroom bied verskeie besienswaardighede, soos die Boskopdam, Boskop Seiljagklub en Buffelsvlei Wild Park.

Slaapplek

'n Bespreking by Spruitjie-roer-my-nie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Spruitjie-roer-my-nie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za