St. Tropez A

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St. Tropez A is 'n selfsorgwoonstel in Margate Noord, sowat 300 m vanaf die strand.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 1 staanwaaier.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, 'n wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel, plafonwaaier en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n lieflike patio met stoepmeubels en 'n uitsig oor die see.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Onderdakparkeerplek vir 1 voertuig is beskikbaar en gasteparkeerplek is op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis. Daar is watertenks in die kompleks wat as noodtoevoer dien indien die munisipaliteit se voorraad nie beskikbaar nie.

Slaapplek

'n Bespreking by St. Tropez A sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St. Tropez A gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R598 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za