Starry Nights Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Starry Nights Guest House is in die lieflike dorpie Nieu-Bethesda geleë en spog met dramatiese uitsigte en sonsondergange oor die ikoniese Kompasberg en die omgewing.

Die gastehuis het 3 selfsorg-eenhede met stoepe en braai-areas wat lei na 'n pragtige tuin. Eenheid 1 en 2 het elkeen 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, stoof, yskassie, eetgerei en breekware. Elkeen se badkamer beskik oor 'n stort. Eenheid 1 beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. 'n Ekstra bed kan op versoek voorsien word. Daar is 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens in eenheid 2. Die Anneks is langs eenheid 1 geleë en die 2 kan saam of afsonderlik bespreek word. Die Anneks, met 2 enkelbeddens en 'n yskas, deel 'n stoep met eenheid 1.

Ons het 'n groot tuin met onbelemmerde uitsigte oor die Kompasberg en die vallei noord van Nieu-Bethesda. Die tuin is 'n paradys vir voëlkykers met 'n verskeidenheid Karoo-spesies wat nes gemaak het in die bome en bosse. Saans kan gaste hulle verwonder aan die sterrehemel terwyl hulle kuier om die vuur saam met vriende en familie.

Die gastehuis is stapafstand van verskeie winkels en galerye af. Nieu-Bestheda is binne maklike bereik van Graaff-Reinet, Cradock en die Nasionale Bergkwaggapark.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Starry Nights Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za