Stellenbosch Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 35 % af

Kry 35% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 12 Jan 2020.

Beskrywing

Stellenbosch Lodge skuil in Blauwklippen Landgoed se wingerde buite Stellenbosch langs die R44 in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Dié bekoorlike lodge spog met 'n Kaapse styl en meubels van Oregon-dennehout. Ons het 53 kamers met lugversorging, en suite-badkamers, 3 meerdoelige venues, 'n swembad, en 'n restaurant wat buffet en al la carte-geregte voorsit.

Die Blaauwklippen Kamer het 'n grasdak en 'n koloniale styl en kyk uit oor die wingerd en die berg. Die foyer-ingang skep heelwat karakter en atmosfeer en daar is privaat kroegfasiliteite. Blaauwklippen is ideaal vir 'n dinee, dans of 'n groot konferensie.

Die 2 De Meester Kamers is ideaal vir konferensies. Die lokale kry heelwat sonlig en dit is ideaal vir alle konferensietipes. Dié kamers is ook ideaal vir spanbousessies en kan saam of apart bespreek word.

Die unieke solder en De Koetz Restaurant het 'n oop kaggel en knus Oregon-meubels, en 'n heerlike atmosfeer. De Keteltjie Coffee het dieselfde geriewe asook gerieflike rusbanke, leunstoele en 'n behaaglike kaggel. Skilderglasdeure lei na die swembadstoep met sy asemrowende uitsigte oor Stellenbosch se majestueuse berge en die wingerd se wisselende kleurskakerings.

Stellenbosch Lodge Country Hotel is ideaal vir 'n droomtroue. Ons persoonlike diens en aandag aan detail sorg vir onvergeetlike tye saam met vriende en familie. The Blaauwklippen Venue in 'n plattelandse toneel met 'n grasdak bied ook 'n uitsig oor die wingerd en dar is plek vir 120 gaste vir ontbyt, middagete of 'n aandete-funksie. Daar is 'n ingeboude dansvloer, so jy kan jou skoene uitskop en die nag wegdans.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stellenbosch Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 990 R1 294 per nag (vir 2 mense)

Kry 35% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 12 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za